top of page

Gigs

Loer na die vertonings hieronder of teken in op Hilandi se nuusbrief en bly op hoogte van opkomende vertonings. 

RymLied@DrostdyAanlyn.jpg

E R M E L O

RSG%20Woordfees%20advert_edited.jpg

Op reis - Huldeblyk aan Annalise Wiid

Op haar verjaardag, vier ons haar lewe, musiek en woorde wat sy vir ons nagelaat het.

Musiekregisseur Matthys Maree, Jannie du Toit, Hilandi du Toit, Mauritz Lotz, David Klassen.

30 Januarie 2019 | 20h15 | Drostdyteater | R120

Privaatfunksie in Paternoster met Coenie de Villiers

17 Desember 2018

NG Gemeente Die Parke

Onder leiding van Hilandi du Toit word hierdie Kerssangdiens aangebied by die Kraaifontein Parke gemeente. Almal is welkom!

9 Desember 2018 | 18h45 | NG Parke | Kraaifontein

NG Moedergemeente Somerset-Wes

Kerssangdiens 

met Hilandi du Toit, Kyle Seconna, Lize Beekman, Carmen Enslin, Olga Leonard, Babette Viljoen, Sheonagh Hollely

25 November 2018 | 19h00 | Andries Pretoriusstraat 77

Gift / Geskenk

Hilandi du Toit, Anna Davel, André Terblanché en Marlie Katzke herinner ons aan die ware geschenk van Kersfees saam met 'n jeugorkes o.l.v. Stephan Bezuidenhout.

22 November 2018 | 20h30 | Drostdyteater | 

22 November 2018 | 20h30 | Drostdyteater |

Brandon October in Concert

- Under an October Sky​

Hilandi du Toit, Coenie de Villiers, Jaconell Mouton en Anè van den Berg maak binnekort ‘n draai by Drostdy-teater in Stellenbosch om saam met Brandon October op te tree. Sy nuutste produksie, Under the October Sky, beloof om gaste met nuwe, sowel as van Brandon se gunsteling, liedjies te bederf.

26 Oktober 2018 | 20h15 | Drostdyteater | R150

27 Oktober 2018 | 20h15 | Drostdyteater | R150

Huis Zonnekus Fondsinsameling

11 Oktober 2018 | 19h00 | Milnerton Golfklub 

Krog

Antjie Krog het geen bekendstelling nodig nie. Haar digkuns spreek sedert 1970 op verskeie vlakke tot vele lesers. Liefde, familieskap, rassekwessies en vrouwees is maar enkele temas wat uitstaan in haar oeuvre.

Hierdie kragtoer bevat toonsettings van haar gedigte, toegelig met stem, klavier, trekklavier en ’n kas vol kitare.

Met: Babette Viljoen, Hilandi du Toit, Olga Leonard

6 Oktober 2018 | 19h00 | Pierneefteater | R120

Krog by Aardklop

Antjie Krog het geen bekendstelling nodig nie. Haar digkuns spreek sedert 1970 op verskeie vlakke tot vele lesers. Liefde, familieskap, rassekwessies en vrouwees is maar enkele temas wat uitstaan in haar oeuvre.

Hierdie kragtoer bevat toonsettings van haar gedigte, toegelig met stem, klavier, trekklavier en ’n kas vol kitare.

Met: Babette Viljoen, Hilandi du Toit, Olga Leonard

2 Okt 2018 | 17h00 | Roots Intieme Teater | R120

3 Okt 2018 | 11h00 | Roots Intieme Teater | R120

4 Okt 2018 | 14h00 | Roots Intieme Teater | R120

Gesnaarde Gedigte by Aardklop

Hierdie US Woordfees bekroonde produksie is ’n reis deur bekende Afrikaanse gedigte, vertolk deur June van Merch en Hilandi du Toit.

Van Merch se oortuigende, emosiebelaaide vertolking word gekomplementeer deur Du Toit se kitaarbegeleiding.

Sy maak gebruik van verskeie kitare, onder meer ’n akoestiese staalsnaar-, nylonsnaar- en akoestiese baritonkitaar.

Gesnaarde gedigte blaas nuwe lewe in die Afrikaanse digkunsargiewe en pak relevante onderwerpe soos seksisme, rassisme en die kerk aan.

2 Okt 2018 | 14h00 | Roots Intieme Teater | R130

3 Okt 2018 | 14h00 | Roots Intieme Teater | R130

4 Okt 2018 | 17h00 | Roots Intieme Teater | R130

5 Okt 2018 | 14h30 | Roots Intieme Teater | R130

Gesnaarde Gedigte

'n Belewenis deur bekende Afrikaanse gedigte, vertolk deur June van Merch (Die Boekklub & Sara se geheim) en oorspronklike besielende Afrikaanse gedigte en musiek geskryf deur Hilandi du Toit. Van Merch se oortuigende, emosiebelaaide vertolking word gekomplimenteer deur Du Toit se kitaarbegeleiding.

 

"Gesnaarde Gedigte” wat hierdie jaar bekroon is met ’n WoordTROfee is ’n opvolg produksie van hul 2017 Fiësta benoemde produksie “Gedig, my snaar”. Du Toit maak gebruik van verskillende kitare, onder meer ’n akoestiese staalsnaar, nylonsnaar en ’n akoestiese baritonkitaar. Gesnaarde gedigte skroom nie om relefante onderwerpe soos sekssime, rassisme en die kerk aan te spreek nie.

26 September 2018 | 20h30 | Die Boer | R120

Haar kitaar

Vyf van ons land se beste vroulike kitaarspelers is vir die eerste keer saam op een verhoog.

Hilandi Du Toit, Andra Cilliers, Ann Jangle, Sannie Fox en Paige Mac Mahon speel 'n storm los by hierdie jaar se US Woordfees. Hierdie dames se hartroerende oorspronklike musiek sal jou tot stilstand dwing en jy mag dalk net wil saam neurie as van die souties 'n ou bekende Afrikaanse liedjie, nuwe klere aantrek.

3 Maart 2018 | 16h20 | Coetzenburg | R120

4 Maart 2018 | 13h00 | Bloekomhoek | R120

Gesnaarde Gedigte

"Gesnaarde Gedigte" volg op Hilandi Du Toit en June van Merch se Fiësta-benoemde produksie "Gedig, my snaar" wat in 2017 by die US Woordfees gedebuteer het.

Sanger-liedjieskrywer, Hilandi du Toit sing haar oorspronklike liedjies en vul die woordkuns met gevoelvolle kitaarspel aan.

Bekroonde en welbekende aktrise June van Merch, met haar ysterstem, vertolk van die oudste en mees geliefde Afrikaanse poësie asook nuwe gedigte uit Du Toit se pen.

Du Toit tokkel akoestiese staalsnare, gaan maak 'n draai by die Spaanse flamenco en haal haar akoestiese baritonkitaar en sessnaarbanjo uit vir 'n feestelike ervaring.

3 Maart 2018 | 10h30 | Drostdyteater | R120

6 Maart 2018 | 20h30 | Drostdyteater | R120

10 Maart 2018 | 10h30 | Drostdyteater | R120

Gedig, my snaar

Die bekende TV- en verhoogkunstenaar June Van Merch en sanger-liedjieskrywer Hilandi du Toit se Woordtrofee-benoemde produksie Gedig, my snaar word by die Drostdy-teater aanegebied. Die teks en musiek is deur Hilandi geskryf. June vertolk van die bekendste gedigte asook oorspronklike digkuns uit Hilandi se pen. Sy vul die woordkuns aan met gevoelvolle kitaarimprovisasie en sing van haar oorspronklike gedigte wat liedjies geword het. Hilandi maak gebruik van drie verskillende kitare om elke gedig afsonderlike karakter te ontsluit. 'n Akoestiese (staal) , akoestiese (nylon) en akoestiese baritonkitaar.

1 November 2017 | 20h30 | Die Boer | R120

Lentekonsert

Hierdie Lentekonsert, presies op die aand van Lentedag beloof om 'n heerlike musikale aanbieding te wees van musiek oor alle grense. Fondse word ingesamel vir die Vrouekamp van 13-15 Oktober se uitgawes. (Kinders jonger as 12jr se toegang is gratis.)

1 September 2017 | 19h00 | NG Kerk Parke | R50

Gedig, my snaar

Die bekende TV- en verhoogkunstenaar June Van Merch en sanger-liedjieskrywer Hilandi du Toit se Woordtrofee-benoemde produksie Gedig, my snaar word by die Drostdy-teater aanegebied. Die teks en musiek is deur Hilandi geskryf. June vertolk van die bekendste gedigte asook oorspronklike digkuns uit Hilandi se pen. Sy vul die woordkuns aan met gevoelvolle kitaarimprovisasie en sing van haar oorspronklike gedigte wat liedjies geword het. Hilandi maak gebruik van drie verskillende kitare om elke gedig afsonderlike karakter te ontsluit. 'n Akoestiese (staal) , akoestiese (nylon) en akoestiese baritonkitaar.

26 Augustus 2017 | 20h15 | Drostdyteater | R120

Gedig, my snaar #USWoordfees

In hierdie produksie vertolk Van Merch van die bekendste gedigte tot oorspronklike digkuns uit Du Toit se pen in haar unieke styl. Du Toit vul die woordkuns aan met gevoelvolle kitaarimprovisasie en sing van haar oorspronklike gedigte wat liedjies geword het. Sy maak gebruik van vier verskillende kitare: ’n akoestiese staalsnaar, ’n nylonsnaar, ’n akoestiese baritonkitaar en 'n akoestiese skootkitaar om elke gedig se afsonderlike karakter te ontsluit. June se emosiebelaaide vertolkings en Hilandi se passievolle toonsettings verseker 'n produksie wat jy nie wil misloop nie.

9 Maart 2017 | 11h00 | Fismer Saal | R120

10 Maart 2017 | 20h30 | Fismer Saal | R120

Die Somer het 'n geel rok aan

Met lirieke soos “Weeg my woorde, maak dit sag. Vou dit toe en lewer dit af. By ’n klein plaas huisie in die droë Karoo. Daar waar my hart nog in liefde glo...” is Hilandi du Toit besig om oral deur Suid-Afrika gehore te verower. Met haar sprankelende interaksie, passievolle kitaarspel en digkuns, neem sy elke luisteraar op reis na mooi herinneringe.

9 Oktober 2016 | 15h00 | Pierneefteater | R80

Hilandi by Clover Aardklop

Hilandi du Toit se oorspronklike musiek, intieme stories en besondere kitaarspel waarborg ’n hartroerende belewenis waar oorspronklike digkuns toegevou word in ryk melodieë.

6 Okt 2015 | 20h00 | KykNET Konservatorium | R120

8 Okt 2015 | 10h00 | KykNET Konservatorium | R120

Behalwe vir haar eie liedjies sing Hilandi ook graag ou bekendes. Stuur gerus vir ons meer besonderhede van jou geleentheid en ons stuur graag vir jou ‘n kwotasie en speellys aan sodat ‘n pasmaak-vertoning vir jou beplan kan word.

bottom of page