OPTREDES
Loer na die vertonings hieronder of teken in op Hilandi se nuusbrief en bly op hoogte van opkomende vertonings.
Brandon October in Concert
- Under an October Sky
Hilandi, Coenie de Villiers, Jaconell Mouton en Anè van den Berg maak binnekort ‘n draai by Drostdy-teater in Stellenbosch om saam met Brandon October op te tree. Sy nuutste produksie, Under the October Sky, beloof om gaste met nuwe, sowel as van Brandon se gunsteling, liedjies te bederf.
26 Oktober | 20h15 | Drostdy Teater| R150
PRIVAAT FUNKSIE
Hilandi is beskikbaar vir enige privaat of korporatiewe funksie. Stuur gerus vir ons meer besonderhede van jou geleentheid en ons stuur graag vir jou ‘n kwotasie en speellys sodat ‘n pasmaak-vertoning vir jou beplan kan word.
26 Oktober | Stellenbosch Huiskonsert
Brandon October in Concert
- Under an October Sky
Hilandi, Coenie de Villiers, Jaconell Mouton en Anè van den Berg maak binnekort ‘n draai by Drostdy-teater in Stellenbosch om saam met Brandon October op te tree. Sy nuutste produksie, Under the October Sky, beloof om gaste met nuwe, sowel as van Brandon se gunsteling, liedjies te bederf.
27 Oktober | 20h15 | Drostdy Teater| R150
Vertonings beskikbaar vir besprekings:
Gesnaarde Gedigte
In Gesnaarde Gedigte, ‘n US Woordfees Woordtroffee-bekroonde produksie, word Gedigte van weleer getoonset en Van Merch, met haar ysterstem, vertolk van die oudste en mees geliefde Afrikaanse poësie. Hilandi vul die woordkuns met gevoelvolle kitaarspel aan en sing ook van haar oorspronklike liedjies. Sy tokkel akoestiese staalsnare, gaan maak ‘n draai by die Spaanse flamenco en verruil haar skootkitaar vir ‘n sessnaarbanjo.
KROG
Antjie Krog het geen bekendstelling nodig nie: Haar digkuns spreek sedert 1970 op verskeie vlakke tot vele lesers: liefde, familieskap, rassekwessies en vrou-wees is maar enkele temas wat uitstaan in haar oeuvre.
In KROG span Hilandi, Babette Viljoen en Olga Leonard kragte saam en omvou hulle Antjie Krog se werke met ryk melodieë. KROG is ’n 60-minute kragtoer van stem, klavier, trekklavier en ’n kas vol kitare.
SOLO-VERTONINGS
Behalwe vir haar eie liedjies sing Hilandi ook graag ou bekendes. Stuur gerus vir ons meer besonderhede van jou geleentheid en ons stuur graag vir jou ‘n kwotasie en speellys aan sodat ‘n pasmaak-vertoning vir jou beplan kan word.