
BIOGRAFIE
![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
---|---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
Oorspronklike musiek, intieme stories en passievolle oomblike is maar net ‘n paar elemente waarna jy kan uitsien wanneer Hilandi haar kitaar nader trek. Sy maak musiek met mening. Elke woord en elke snaar word soomloos saamgesnoer om ‘n boodskap oor te dra.
As sy nie self optree, of vir ander kunstenaars skryf nie, vat Hilandi hande met kunstenaars wat haar liefde vir Afrikaans deel. In 2018 word sy saam met June van Merch met ‘n Woordtrofee vir Gesnaarde Gedigte – ‘n produksie waarin hul saam stem dik maak en harte sag maak – vereer. In 2015 word Hilandi deur Pearson-uitgewers genader om as ambassadeur van die Handwoordeboek vir die Afrikaanse Taal (HAT) op te tree en ‘n temalied, Dis my Taal, vir die bekendstelling van die nuutste uitgawe te skryf.
Voordat Hilandi haar solo loopbaan aangepak het was sy onder andere ‘n stigterslid van die groep Zamar. Sy het saam met die groep by die 2005 Huisgenoot Skouspel opgetree.
Een van die hoogtepunte in haar solo-loopbaan is toe sy in 2011 as musiekdirekteur, -regisseur en skrywer Die Burger Pops help aanbied het.
Hilandi se nuutste album Die Somer het ‘n geel rok aan is op CD by haar vertonings, en in haar winkel, beskikbaar en haar liedjies Reisgenoot en Lawwe donker word gereeld op RSG gespeel. Die titelsnit, wat deur Schalk Joubert vervaardig is, is gebasseer op ‘n gedig wat sy geskryf het – waarmee sy in 2013 as algehele wenner van Dr. Riana Scheepers se skryfskool aangewys is.